VOELGOED

Vroue Retreat

by Kasteelkop Gasteplaas in die Oos-Vrystaat

Wanneer jy moeg en oorlaai voel, is dit moeilik om jou lewensdoel raak te sien. Kasteelkop Gasteplaas en Finesse Voelgoed tydskrif span kragte saam in 2020 om spesiale retreats aan te bied vir vroue. Kom ontdek jouself en kry jou woema terug op hierdie pragtige plaas in die Oos-Vrystaat; nie eens twee ure van Johannesburg af nie.

By een van ons 2020 retreats kan jy herlaai en in jouself belê. Tydens dié geleenthede sal daar gefokus word op vroue se fisiese en emosionele gesondheid.

Met behulp van die Gallup Strengthfinder toets sal jy jouself beter verstaan en ook ontdek wat jou lewensdoel is, en hoe om dit te bereik. By die prys ingesluit is ook ’n spa-behandeling, en vier sessies met top selfhelp kenners. Jy kan ook heerlik ontspan in die vars buitelug, gaan stap en die stilte indrink.

 
Breek weg saam met ons en kom ontdek God se plan vir jou!

Die pakket sluit in:

Vier Ster verblyf & gourmet bederfkos by Kasteelkop Gasteplaas, Oos-Vrystaat.
Gereedskap & seminare by verskeie selfhelp kenners om elke vrou se unieke potensiaal te ontsluit en toe te rus:

– Gallup Strenghtsfinder Top 5 talent assessering.
– Die bestuur van finansies & voorbereiding vir die toekoms.
– Bepaling van lewensdoelwit & roeping o.g.v elke individu se unieke talente, passies, drome & waardes.
– Identiteit in God & groei in geestelike gawes.
– Sukses, doelwitbeplanning & visie.
– Die krag van selfbeeld & voorkoms.

VOELGOED Vroue Retreats 2020

6 – 8 November 2020 – VOELGOED Vroue Retreat vir Weduwees & Geskeide Vroue

Prys: R3950 pp/wat deel

*15 Dubbelkamers & 3 Enkelkamers is beskikbaar

Doen Navraag

Voltooi jou besonderhede:

VOELGOED

Vroue Retreat

KOM GROEI, RUS EN REFLEKTEER!

– Voel jy moeg en oorlaai, smag jy na rus?
– Voel jy daar moet meer wees as wat jy tans beleef?
– Leef jy God se droom vir jou lewe?

KOM ERVAAR:

– Vierster verblyf in enkel of dubbel kamers op ‘n prentjiemooi,
afgelee Gasteplaas in die Vrystaat.
– Kom rus en geniet spa behandelings wat jou sal help ontspan
– Word bederf met heerlike gesonde kos.
– Raak weer ‘n bietjie kreatief en aktief
– Kom lag saam en geniet ander vroue se kameraadskap
– Leer meer oor ‘n gesonde leefstyl.
– “Life coaching” deur internasionaal-geakkrediteerde, spesialis
lewensafrigters
– Kom ontdek jouself ,sodat jy kan groei en jouself beter kan
verstaan en aanwend
– Kom spandeer tyd met God en hoor wat Hy oor jou droom
– Neem weer beheer van jou lewe.
– Bring jou vriendinne of kom alleen

WOORDE WAT GEBRUIK WORD OM HIERDIE
voelgoed vROUE RETREAT TE BESKRYF:

“Upperclass” ,“Innerlik vervullend”
“Myself weer gevind! Sien weer kans vir my omstandighede”
“Ek voel vry”, “ek het ontdek hoe talentvol ek is”
“Ek het my lewensdoel gevind en voel weer bemagtig”
“Beste ding wat ek nog vir myself gedoen het, was World-class”
Dit was soveel pret, het weer leer lag!”
“Was ‘n afspraak met God!”

Kaartjies is beskikbaar op iTicket. Vir paaiment planne kontak direk vir Erika Lessing: 082 850 0170 kasteelkopguestfarm@gmail.com

VOELGOED VROUE rETREATS 2020/2021

2 – 4 oktober 2020 – Jong vroue retreat

6 – 8 november 2020 – weduwee & geskeide vroue retreat

5 – 7 februarie 2021 – Voelgoed vroue retreat

12 – 14 maart 2021 – voelgoed vroue retreat


Prys: R4950 (R1000 ekstra vir ‘n enkelkamer)

*15 Dubbelkamers & 3 Enkelkamers is beskikbaar

Doen Navraag

Voltooi Jou Besonderhede: